Friday, March 14, 2008

'n Aangename Oomblik!

Here is an excerp from an interesting letter received from a Khanya facilitator in the the Overberg:
Ek het al vele aangename oomblikke by Khanya ervaar, maar hierdie een moet ek met jou en Gerhard deel!
As deel van die Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid inhoud wat ons by die Klusters aanbied, sluit ons ook inhoud van MindSet in. Toe die MindSet gleuf aan die beurt kom (ek het die vorige dag nagegaan dat alles werk) moes 'n Opvoeder die Videokamer se sleutel gaan kry. Opvoeders in die personeelkamer het gehoor dat daar nou 'n MindSet video besigtiging gaan plaasvind en twee van hulle ('n Opvoeder wat Engels gee en nog een) het my gevra of hulle die sessie kan bywoon.
Na die sessie is ons weer Khanya Lab toe om af te sluit vir die middag. Met die uitgaan, verby die MindSet Videokamer, wat was my verbasing groot toe hierdie twee Opvoeders besig is om nog ses ander Opvoeders op te lei om MindSet te gebruik. Hierdie twee Opvoeders het vir die eerste keer MindSet gesien gedurende my Wiskundige Geletterdheid sessie! Dit was nou so lekker!
Dit was by Albert Myburgh Sekondêr in Bredasdorp.

3 comments:

Anonymous said...

Wys jou net. Kry die mindset van die onderwysers reg en ons kan vele vermag.

Anonymous said...

Dankie Thinus, ons moet dus meer blootstelling doen an die inhoud van Mindset, dankie aan die Wiskunde span wat dit ingesluit het in hul werkwinkels.

Mark said...

By Zola in Khayelitsha het die Engelse onderwyser 'n spesiale groep vergadering (jammer...ek is nie lief vir die woord kluster nie) geroep om Mindset aan die ander te verduidelik...en dit sonder die aansporing van die fasiliteerder.